‘n Lid van die sogenaamde Rolex-bende is in Sandhurst, Johannesburg doodgeskiet. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Brenda Muridili, het twee gewapende mans wat glo deel is van die Rolex bende wat mense met dié peperduur horlosies teiken, ‘n sakeman in sy voertuig aangeval. Muridili het gesê die voorval het vroeg Sondagoggend plaasgevind maar die sakeman se twee lyfwagte het blitsvinnig opgetree en skote op die verdagtes afgevuur.

Die twee verdagtes het probeer vlug maar een het weens ‘n skietwond inmekaargesak. Die ander verdagte is ‘n paar meter verder dood aangetref. Muridili sê die polisie het beslag gelê op ‘n voertuig en ‘n ongelisensieerde vuurwapen wat in die rooftog gebruik is. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot roof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en doen ook ‘n geregtelike doodsondersoek. Die verdagte sal in die hof verskyn sodra hy medies geskik is.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×