Vier lede van ‘n vermeende Vrystaatse rowerbende, wat glo ‘n winkel in Boshof in die Vrystaat met ‘n speelgoedgeweer beroof het, bly vir nou agter tralies. Die Volksblad berig voorts drie mans en ‘n vrou het reeds vlugtig in die hof in Boshof verskyn. Die verdagtes word van sakeroof aangekla en bly in aanhouding. Een van die verdagtes word ook verdink van ‘n inbraak in Bayswater in Bloemfontein, terwyl nog een van die verdagtes in ‘n ander verhoor tereg staan weens die beweerde besit van onwettige perlemoen. Die verdagtes sal waarskynlik met hul volgende hofverskyning om borgtog aansoek doen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×