Jacques Freitag, voormalige hoogspring-wêreldkampioen, was voor sy dood glo vreesbevange vir die gereg, omdat hy oortuig was hy het Louis Harmse met ‘n baksteen doodgeslaan. Rapport berig, by monde van ‘n bron, is Freitag later na sy vriend Rudie Lubbe se huis.
Die twee het glo gereeld saam dwelms gebruik, en Lubbe het Freitag na bewering gehuur om Harmse te vermoor. Daar word berig Lubbe en Shantellé Oosthuizen is in ‘n verhouding, terwyl sy egter aan Harmse verloof is. Lubbe en Oosthuizen word van Freitag se moord verdink.
Hulle word ook deur die polisie gesoek in verband met die aanval op Harmse. Die gastehuis wat Freitag op 18 Junie te voet verlaat het, is vier kilometer weg van die begraafplaas waar sy oorksot op 1 Julie gevind is.