Die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde man, wat na raming tussen 18 en 35 jaar oud is, is in ‘n oop veld by die ou Thaba ‘Nchu Lughawe gevind.

Die slagoffer het verskeie ernstige beserings insluitend ‘n vermiste regteroor asook brand-en sambokwonde.

Volgens polisiewoordvoerder, Sersant Mahlomola Kareli, het die oorledene ook ‘n tatoeëermerk van biddende hande op sy regterbeen.

’n Saak van moord is vir ondersoek geopen.In hierdie stadium is daar geen getuies of verdagtes nie.

Kareli vra in ‘n mediaverklaring dat enigeiemand met inligting versoek word om die Thaba ‘Nchu polisie te kontak of ‘n anonieme wenk via die MySAPS-toepassing in te dien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×