‘n Vrou se half-naakte liggaam is op ‘n plaas in KwaZulu-Natal gevind – met owerhede wat nou vermoed dit is moontlik dié van ‘n leerlingvlieënier wat vermis geraak het. Dit is luidens beriggewing deur Nuusflits, wat verder skryf die identiteit van die oorledene is wel nie bevestig nie.

Reaction Unit South Africa (Rusa) is Woensdag deur ‘n vrou wat ‘n familielid van ‘n vermiste 20-jarige leerlingvlieënier is gekontak. Die vrou het vir Rusa gesê sy is seker die liggaam is dié van haar familielid en het die vlieënier se hare – wat helderpienk gekleur is – beskryf.

Die vermiste vrou is oorspronklik van die Oos-Kaap, maar het na die Ethekweni-area verhuis om haar vlieënieropleiding by Virginia-vliegveld te voltooi. Sy is by Sydenham-polisie as vermis aangemeldna sy Saterdagoggend glo ‘n kroeg saam met ‘n man verlaat het en sedertdien nog nie weer gesien is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×