‘n Leeu wat die afgelope naweek ongesiens uit ‘n Sirkus-kompleks naby Rome ontsnap het, het inwoners van Ladispoli behoorlik katvoet laat loop.
Inwoners van dié kusdorpie is aangesê om binnenshuis te bly terwyl ‘n reusesoektog van stapel gestuur is.
Die leeu is vyf ure later opgespoor, gekalmeer en veilig na die sirkus teruggeneem.
Daar word berig die lede van die publiek het glo met die slot aan die leeu se hok gepeuter, voordat hy ontsnap het.
Soos die geval is in baie ander lande die wêreld oor, is daar ook talle drukgroepe in Italië, wat hulle daarvoor beywer om wilde diere in die vermaakliksheidbedryf te verbied.