’n Sestig jarige vrou en haar 34-jarige seun het in die Ladybrand-landdroshof in die Vrystaat vir bedrog en geldwassery verskyn.

Die beskuldigdes is in hegtenis geneem nadat hulle glo meer as tien inwoners gewerf het om in hul onwettige beleggingskema te belê.

Die slagoffers het meer as R900 000 in die MTS General Trading-skema belê. Daar word beweer die verdagtes het die slagoffers ’n maandelikse rente-opbrengs van 30% uithul beleggings belowe.

Die beskuldigdes het versuim om die slagoffers terugte betaal en die saak is by die Valke aangemeld. ’n Valke-woordvoerder,luitenant-kolonel Zweli Mohobeleli, sê die saak is tot 29 Januarie vir ver dereondersoek uitgestel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×