‘n 27-jarige Ma van Kutloanong in Odendaalsrus sal na verwagting Maandag in die hof op Odendaalsrus verskyn nadat ‘n baba, vermoedelik haar eie, laasweek in ‘n vrieskas in haar sinkhuis gevind is.

Die huiseienaar beweer dat hy ‘n pasgebore baba in ‘n vrieskas in ‘n sinkhuis op sy erf gevind het. Die Odendaalsrus SAPD het met hul aankoms op die toneel op die liggaam van ‘n pasgebore baba afgekom. Die liggaam van die baba was reeds in ‘n bevrore toestand.

Die ma was nie by haar gehuurde huis toe die baba ontdek is nie, sy het haarself die volgende dag aan die polisie oorgegee. ’n Saak van verberging van geboorte is vir verdere ondersoek geregistreer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×