Die man wat daarvan beskuldig is dat hy ‘n Gqeberha-fisioterapeut vanjaar op Vrouedag vermoor het, het gister in die Oos-Kaapse hooggeregshof in die Baai skuld op haar moord beken.
Dit het gedurende die verrigtinge in die hof bekend geword hy het die 40-jarige Marolien Schmidt eindelik vir ‘n skamele 600 rand vermoor.
Die 31-jarige het erken dat hy Schmidt op 9 Augustus vermoor het deur haar verskeie kere met ‘n mes te steek.
Hy het haar selfoon, wat ongeveer 20 duisend rand werd was, vir R600 verkoop.
Hy is lewenslange tronkstraf opgelê vir moord, agt jaar vir huisbraak met die opset om te steel, en 20 jaar vir roof met verswarende omstandighede.
Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.