’n Man is in Bronville vermoedelik met ’n sambok doodgeslaan.
Volgens ’n polisieverklaring het beamptes op ’n bewustelose man met veelvuldige vermoedelike sambokwonde aan sy gesig en liggaam afgekom.
Hy is na die hospitaal geneem, waar hy aan sy beserings beswyk het.
Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie, en die ondersoek duur voort.
Die polisie versoek ook hulp om die man te identifiseer.
Die oorledene het ’n donker gelaatskleur, ’n maroen T-hemp en ’n swart pak gedra, en ’n paar grys en wit tekkies is langs hom gevind.
Enigiemand met inligting wat kan lei tot inhegtenisneming of kan help om die oorledene te identifiseer, kan speursersant Hennita Motaung van die Bronville-speurdiens kontak.