‘n 36-jarige man is in die Vrystaatse hooggeregshof tot 8400 jaar tronkstraf gevonnis vir verskeie seksuele oortredings met kinders. Die ondersoek, wat ook interpol betrek het, het uiteindelik in Welkom in Augustus 2022 die verdagte se lot verseël toe vingerafdrukke op ‘n foto deur ‘n gesoute speurder raakgesien is. Die polisie se woordvoerder, Kaptein Loraine Earl, het gesê Mario Guisti, is ‘n rekenaar-programmeerder wat seuns tussen die ouderdomme van 8 en 10 jaar na sy blyplek gelok het om rekenaar speletjies te speel. Guisti is skuldig bevind aan 1010 klagtes van verkragting, een klag van menslike handel en 1007 klagtes vir die besit en verspreiding van kinder-pornografie.