Die polisie in die Vrystaat het Vrydag ‘n 22-jarige man vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen in hegtenis geneem. Luidens berigte het die polisie tydens patrollie gesien hoe ‘n man ‘n onbekende pakkie in die drein gooi. Lede het verdere ondersoek ingestel en ‘n swart plastieksakkie met ‘n 9 milimeter-pistool ontdek. ‘n Polisiewoordvoerder kaptein Stephen Thakeng sê die geïdentifiseerde verdagte is gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Hy sal na verwagting vandag reeds in die Dealesville landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×