‘n Man is in hegtenis geneem vir die beweerde ontvoering en moord op sy driejarige stiefkind en die aanval op die kind se sewejarige broer.
News24 berig die insident was met ‘n panga op ‘n plaas in Tongaat, noord van Durban.
Die kind se liggaam is gevind nadat verskeie reddings- en wetstoepassingsagentskappe saamgewerk het.
KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Ntuli, het die misdaad sterk veroordeel en die gemeenskap aangespoor om misbruik te rapporteer.
Hy het ook gevra dat die regstelsel die mees streng straf vir die oortreder toepas.