’n Man is in hegtenis geneem nadat ’n vriendin van die slagoffer ‘n ontstellende ontdekking suid van Bloemfontein by die polisie aangemeld het.
The Citizen berig die vriendin het bloedspore gevolg na ’n puttoilet waar sy op die liggaam van haar vriendin – met veelvuldige kop- en bolyfbeserings – afgekom het.
Nadat sy die toneel by die polisie aangemeld het, is die verdagte in hegtenis geneem.
Die verdagte is vermoedelik die slagoffer se kêrel en word van moord aangekla.
Die saak sal in die Bloemfontein-landdroshof voorkom.