‘n Man is omstreeks twaalf-uur Maandagmiddag by ‘n inkopiesentrum in Paul Krugerlaan in Universitas in Bloemfontein beroof. Twee gewapende mans het die slagoffer met ‘n vuurwapen aangehou nadat hy glo R5000 by ‘n kitsbank by die sentrum onttrek het. Die mans het die misdaadtoneel in ‘n wit Renault Clio verlaat. Herman Lombaard, nasionale woordvoerder vir National Crime Assist, het gesê die vermoede bestaan dat die verdagtes lede van ‘n misdaadsindikaat is wat die stad die afgelope tyd met gewapende rooftogte teister. Hy het weereens ‘n beroep op mense gedoen om uiters waaksaam te wees wanneer hulle transaksies by kitsbanke doen. Hy het gesê indien mense onveilig voel moet hulle die sentrum se sekuriteitspersoneel nader om ‘n wakende oog te hou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×