Te danke aan AfriForum911 se vinnige optrede is ‘n verdagte in hegtenis geneem, wat glo met ‘n kragboks in Fichardtpark, Bloemfontein gepeuter het.

‘n Saak van vandalisme, beskadiging van infrastruktuur en besit van breektoerusting is teen hom geopen.

Luidens ‘n aanlyn-berig het AfriForum911-reaksielede die verdagte binne 5 minute by ‘n kragboks in ‘n oopveld langs Du Plooystraat opgespoor, na hul ‘n klagtes ontvang het.

Terwyl hulle hom deursoek het, is items wat glo uit die kragboks gesteel is by die verdagte gevind. Die saak sal verder deur Centlec en die Parkweg-polisie ondersoek word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×