Die liggaam van ‘n 57-jarige man van Plettenbergbaai is gister onder die bekende Bloukransbrug verwyder nadat hy Donderdag sy bakkie naby die brug geparkeer en verdwyn het. ‘n Woordvoerder van die polisie, kol Priscilla Naidu, het aan Netwerk 24 bevestig die polisie se soek-en-reddingspan in die Oos-Kaap het met die hulp van die honde-eenheid in Gqeberha die man se liggaam opgespoor. Naidu het gesê ‘n weermag-helikopter is gistermiddag ingespan om die man se liggaam na die bopunt van die brug op te hys. Die brug is 216 meter hoog. Sy het gesê geen gemene spel word vermoed nie en dat ‘n geregtelike doodsondersoek sal plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×