‘n Man is lewendig gevind in sy buurman se kelder, 26-jaar nadat hy as vermis aangemeld is. Die BBC berig Omar bin Omran het in Djelfa in Algerië vermis geraak gedurende die burgeroorlog in die 1990’s in die land.

Omran, wat nou 45-jaar oud is, is gevind slegs 200 meter vanwaar hy grootgeword het. Amptenare het bevestig ‘n 61-jarige man is in hegtenis geneem wat hom vermoedelik gevange gehou het. Sy familie was onder die indruk hy was deel van die nagenoeg 200-duisend mense wat in die oorlog doodgemaak is.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×