‘n Man van Bloemfontein is vyf jaar na sy vrou se raaiselagtige dood, agter tralies vir moord.
Die 42-jarige Thomas Nel is gister op ‘n aanklag van moord op sy vrou, Jackie Nel in hegtenis geneem.
Sy is skielik op 9 Desember 2017 dood.
Haar liggaam is in die dubbelbed van die egpaar se slaapkamer in hul huis in Thaba Nchu gevind.
Hulle was vier maande getroud.
Volksblad berig volgens luitenant-kolonel, Thabo Covane, vrystaatse polisiewoordvoerder, is Thomas tussen een en twee gistermiddag by sy werkplek in Gemsbokstraat in Kwaggafontein vasgetrek.
Die verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
‘n Aansoek is deur hom en sy prokureur ingedien wat vra dat die media verbied word om die verrigting by te woon.
Daar is later berig dat die media met ‘n teenaansoek geslaag het en dus die saak mag bywoon en daaroor berig.