98 identiteitsdokumente en meer as 100 bankkaarte is in die besit van ’n 28-jarige man in Selosesha buite Bloemfontein gevind.

Sy inhegtenisneming volg nadat lede van die polisiediens sy woonplek deursoek het.

Daar is beslag gelê op 42 slimkaart-ID’s, een Lesotho paspoort, 55 Republiek van Suid-Afrika ID-boekies en 105 bankkaarte van verskeie Suid-Afrikaanse banke.

Hy word onder meer aangekla van die oortreding van die immigrasiewet.

‘n Ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal waarom hy in besit van hierdie items was, en ook hoe hy dit bekom het.

Die saak word in die landdroshof op Thaba ‘Nchu aangehoor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×