‘n Man van die Amerikaanse deelstaat Texas, is gistraand by die Huntsville- gevangenis tereggestel.

Ongeveer twee uur voor die geskeduleerde teregstelling het die Amerikaanse hooggeregshof en die appèlhof in Texas, ‘n aansoek van die hand gewys, waarvolgens die 53-jarige Brent Brewer beweer daar is op valse getuienis staatgemaak in sy 2009-verhoor.

Luidens PBS News Hour het die appèlhof beslis Brewer die moes die aansoek vroeër reeds ingedien het.

Hy is daarvan skuldig bevind dat hy die 66-jarige Robert Laminack in April 1990 vermoor het.

Brewer was toe 19 jaar oud.

Nagenoeg 4000 mense is tussen 1910 en 1989 in Suid-Afrika ter dood veroordeel en tereggestel.

Kragtens die Tussentydse Grondwet van 1993, en later die Suid-Afrikaanse Grondwet van 1996, word die doodstraf in Suid-Afrika verbied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×