‘n Man van Zambië, wie vermoedelik die ringkop is van ‘n sindikaat wat Suid-Afrikaanse sakelui vir ‘n losprys ontvoer, is by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Polisie-brigadier Athlenda Mathe, sê benewens aanklagte wat met ontvoering verband hou, word die 40-jarige verdagte onder meer ook van dwelmhandel aangekla.
Hy kan glo verbind word met dwelms van R300-miljoen, waarop beslag gelê is by die plek in Roodepoort waar ‘n ontvoeringslagoffer onlangs opgespoor is. Mathe, sê die polisie hou die verdagte reeds ‘n geruime tyd dop.