‘n Man van Zimbabwe is die naweek in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n vals klag van motorkaping by die polisie in Bloemfontein ingedien het.
Netwerk24 berig die 42-jarige man het die klag dat sy Toyota Hilux-bakkie gekaap is, by die Parkweg-polisiekantoor ingedien en die saak is hierna na die Navalsig-polisiekantoor oorgeplaas.
Die stasiebevelvoerder het dadelik ondersoek ingestel en het op inligting afgekom wat daarop dui dat die verdagte na bewering soortgelyke klagte in Mafikeng, Harrismith en Biesiesvlei aanhangig gemaak het.
Volgens die polisie het die man erken hy het vals klagte ingedien ten einde geldskenkings by buitelandse winkeleienaars te kry.
Hy is vermoedelik ook onwettig in die land.