‘n 50-jarige man het verdrink in die vloedwater by Kroonstad nadat hy probeer het om deur stygende watervlakke te bestuur. Woordvoerder van die polisie, sersant Peter Kareli, het gesê die man se liggaam is deur die polisie se duikeenheid in die Vrystaat uit die water gehaal. In nog ‘n voorval in Bloemfontein, kon die polisie vier mense red wat in ‘n voertuig onder ‘n brug vasgekeer was. Niemand is beseer nie.

Kareli het gesê die duikeenheid is deurentyd besig met operasies na die afgelope paar dae se swaar reënval. Die polisie vra die publiek om versigtig te bestuur waar watervlakke styg en veral brûe wat oorstroom is, te vermy. Motoriste moet versigtig wees om oor laagliggende-brûe te ry omdat watervlakke vinnig kan styg.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×