’n Drie-en-dertigjarige man het in die Virginia-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklag van poging tot moord.

Tshepiso Mofokeng het na bewering sy meisie aangerand en haar Saterdag by ‘n taverne met sy motor omgery.

Mofokeng het die slagoffer na die hospitaal gery nadat sy kritieke beserings opgedoen het.

Polisiebeamptes sê die verdagte bly in aanhouding hangende verdere ondersoeke.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×