‘n Man het in die Brakpan-landdroshof op byna 1180 aanklagte van geldwassery en oortreding van die Wet op Edelmetale, ter waarde van R2.6 miljard, verskyn.
Volgens die woordvoerder van die Valke, Kol. Katlego Mogale, is Loren Louw oorspronklik op 26 Februarie 2015 in Noordwes in verband met Operasie Tarantula deur die ernstige georganiseerde misdaadondersoekeenheid in hegtenis geneem.
Nuusflits berig onverwerkte goud ter waarde van R2.5 miljoen is in die operasie beslag gelê.
Louw het kortliks in die hof verskyn, waarna die saak vir verdere ondersoek uitgestel is.
Mogale sêLouw is in Oktober gedagvaar om op die 1176 aanklagte te antwoord. Die saak is tot 17 Maart 2025 uitgestel.