‘n Man verskyn vandag in die Zeerust landdroshof in Noordwes, vir die besit van miljoene rande se smokkelsigarette

Petrus Toppies, ‘n 53-jarige man, wat deur doeanebeamptes en die Valke in hegtenis geneem toe hy die land by die Botswana-grenspos binnegekom het met smokkelsigarette ter waarde van R4,8-miljoen verskyn vandag in die Zeerust landdroshof in Noordwes.

Luidens berigte sal hy waarskynlik om borgtog aansoek doen.

Hy was vanaf Zambië in ‘n vragmotor met ‘n sleepwa onderweg na Suid-Afrika, toe hy met die sigarette betrap is.

Toppies het glo by die grenspos verklaar dat sy vrag uit ‘n melasse-mengsel vir beeste bestaan.

Dié vloeistof moes uitgetap word omdat dit nie geskik is vir gebruik in Suid-Afrika nie.

Luister na potgooie hieronder