’n 32-jarige man sal na verwagting in die Brits-landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n verkeersbeampte met R100 probeer omkoop het.

IOL berig die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur in Noordwes, Charles Matlou, sê moeilikheid het vir die 32-jarige begin toe hy deur ‘n provinsiale verkeersbeampte vir dronkbestuur in hegtenis geneem is.

Dit is toe dat hy die verkeersbeampte wou omkoop. Volgens Matlou is hy een van die 941 bestuurders wat regoor die land vir dronkbestuur in hegtenis geneem is. Dronkbestuur is as een van die grootste bydraers van noodlottige ongelukke geïdentifiseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×