‘n Massa-protesoptrede word in die Vrystaat in die komende weke, deur die vakbondfederasie, Cosatu en die munisipalewerkersvakbond Samwu, beplan. Luidens Cosatu sukkel talle munisipaliteite in die provinsie om werkers se salarisse te betaal en versuim om betalings aan pensioenfondse te maak. Cosatu se provinsiale sekretaris, Monyatso Mahlatsi, sê in ‘n verklaring dit het daartoe gelei dat sommige werkers – nadat hulle aftree-ouderdom bereik het – steeds moet werk omdat daar nie aftreefondse is nie. Mahlatsi sê griefskrifte sal aan die Matjhabeng-, Metsimaholo-, Maluti-a-Phofung- en Mohokare-munisipaliteite oorhandig word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×