Die departement van onderwys het Doret Schoombie, die adjunkhoof van Pretoria High Schools for Girls tydelik na die departement se distrikskantore oorgeplaas.

Die oorplasing volg 3 weke nadat die skoolhoof voorlopig geskors is. Volgens Netwerk 24 is dit terwyl ‘n onafhanklike ondersoek voortgaan, om vas te stel of daar ‘n kultuur van rassisme by die skool heers. Daar is verlede maand 12 leerlinge oor beweerde rassisme geskors, hulle is egter na ‘n tugverhoor onskuldig bevind.

Kort daarna is nog ‘n leerling geskors nadat ‘n video waarin sy uitsprake met rassistiese ondertone gemaak het, aan die lig gekom het. Dit is nog nie bevestig of die leerling ‘n tugverhoor gehad het en wat die uitkoms daarvan was nie.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×