Die mense wat in die geboutjie by Memorium-begraafplaas in Bloemfontein gebly het is nou haweloos. Die Mangaung-metropolisie het die gebou waarin hulle onwettig in die Memorium-begraafplaas gewoon het, gesloop. Dit het gebeur na ‘n gaslekasie by die Memorium-krematorium, wat die brandweer gebruik het om paaie af te sper en die gaslek te herstel. Dolfie Pietersen en Cindy de Wee sê aan Bloemnuus dat hulle deel van ‘n groep is wat al jare in die begraafplaas woon. Hulle is geskok oor die sloop van hul huis. Valerie de Kock van die VF Plus het aangedring op dringende maatreëls om verdere plundering te voorkom. Pieterse sê dat die mense wat die klep by die krematorium gesteel het is nie een van hulle groep mense nie. Hulle doen stukwerk om vir hulself te sorg.
