Volgens berigte op sosiale media het ‘n meteoriet glo vanoggend iewers in die Oos-Kaap gebied neergestort.

Lede van die publiek in dele van Humansdorp, Jeffreysbaai, Patensie, Addo en selfs so ver as Sedgefield het beweer dat hulle ‘n ontploffing gehoor het. Talle waarnemings van ‘n helder meteoriet in die wolke is opgemerk. Op hierdie stadium is dit onbekend waar die meteoriet neergestort het.

Maar St Francis Chronicle berig dat volgens ‘n bemanningslid van ‘n walvisboot, het die meteoriet sowat 200m van die boot in die see naby Oyster Bay neergestort. Hy voeg by dat daar onploffings en ligflitse was voordat dit gesink het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×