Tot voordeel van die land se werkloses behoort die minimumloon volgens Solidariteit afgeskaf te word.

Luidens ‘n verklaring deur die vakbond het die regering die afgelope 30 jaar bloot op diegene gefokus wat reeds in diens staan.

Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by Solidariteit, is daar nie aandag geskenk aan mense wat graag wil werk, maar wat nie ‘n gepaste betrekking kan vind nie. Hy sê die regering minag werkers en werksoekers se besluitnemingsreg.

Aldus Du Buisson wys navorsing dat nagenoeg die helfte van huiswerkers bereid is om vir minder as die huidige minimumloon van R27,58 per uur te werk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×