Minstens 43 begrafnisgangers is gistermiddag in die noord-ooste van Oekraïne beseer, toe Russiese missiele glo onverwags oor die roubeklaers uitgesak het.

‘n Tien maande oue baba en ‘n eenjarige kindjie is onder diegene wat beseer is.

Die diens is gehou ter nagedagtenis aan ‘n gesneuwelde Oekraïense soldaat.

Reuters berig die Oekraïense prokureur-generaal, André Kostin, het gesê hierdie aanval kom neer op “nog ‘n oorlogsmisdaad deur Rusland,” aangesien daar slegs woongeboue op die teikengrondgebied is.

Rusland het, sover bekend, nog geen kommentaar oor die aanval gelewer nie.

Hy het egter voorheen reeds ten sterkste ontken dat hy burgerlikes aanval.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×