‘n Oud-onderwyser wat aan verkragtig van ‘n skoolkind skuldig bevind is, is in die Witbank-landdroshof ‘n lewenslange vonnis opgele.

William Henry Degenaar het oor ‘n tydperk van meer as ‘n jaar die toe 15-jarige meisie by sy dissipelskool herhaaldelik verkrag. Landdros Deon Minnie het die oud-onderwyser se dade as afskuwelik bestempel en bygevoeg die feit dat dit onder die vaandel van geloof gepleeg is maak van hom ‘n monster.

Luidens The Citizen het die staatsaanklaer vir ‘n swaar vonnis gepleit aangesien Degenaar sy slagoffer versigtig uitgesoek het – en van afloerder tot seksoortreder gevorder het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×