‘n Nasionale geleentheid om dialoog oor koalisie-regerings te stimuleer vind vandag en môre in Kaapstad plaas.
Die geleentheid het ten doel om die grondslag te lê vir ‘n nasionale raamwerk vir koalisie-regerings as ‘n gids vir die doeltreffende bestuur van koalisie-regerings.
In aanloop tot die 2024-algemene verkiesing, is daar al meer sprake van samewerking tussen afsonderlike partye, om as kollektief ‘n groter impak op die Suid-Afrikaanse politieke landskap te kan maak.