‘n Moordverdagte is in hegtenis geneem nadat hy ‘n vrou in Freedom Square, Bloemfontein, probeer ontvoer het. Volgens ‘n mediaverklaring het lede van die Kopanong Polisie op ‘n noodoproep gereageer, en die verdagte is te voet agterna gesit, nadat hy probeer vlug het en in Namibia Square opgemerk is.

‘n Voorlopige ondersoek toon dat die 31-jarige verdagte die egpaar in hul huis aangeval het terwyl hulle geslaap het. Nadat haar man vermoor is, het die 27-jarige vrou het ontsnap. Die verdagte sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×