’n Samewerking tussen die Valke in die Vrystaat en die Nasionale Vervolgingsgesag se Eenheid vir Batebeslaglegging het gelei tot die bewaring van meer as R260 000.

Volgens ’n polisieverklaring was die geld in die bankrekening van Halimmah Mnyobisi van Botshabelo, wat glo die moord op haar man, Fezile Mnyobisi, beplan het.

Die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het die bevel toegestaan.

Fezile is op 15 September 2023 doodgesteek terwyl hy huis toe gestap het.

Ná sy dood het Halimmah glo ’n uitbetaling van sowat R300 000 van die Staatsdienspensioenfonds ontvang.

Die Valke en batebeslagleggingsbeamptes het die fondse bevries terwyl die moordverdagtes in die Botshabelo-landdroshof teregstaan.

Halimmah en twee medebeskuldigdes word aangekla van sameswering tot moord.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×