Die 38-jarige verdagte wat op vlug was ná die moord op haar man in Botshabelo, Bloemfontein, is in hegtenis geneem. Die Botshabelo-polisie het sowat twee maande terug ‘n klag van moord van ‘n plaaslike hospitaal ontvang.
Die slagoffer is glo deur sy vrou in ‘n privaat voertuig na die hospitaal geneem en is met sy aankoms dood verklaar. Volgens ‘n mediaverklaring is drie verdagtes vroeër vir moord en sameswering tot moord in hegtenis geneem.
Die slagoffer se vrou is Maandag, waar sy by haar vermeende kêrel in Sandton, Gauteng, weggekruip het, opgespoor. Sy sal na verwagting Donderdag in die Botshabelo-landdroshof verskyn, waarna sy by die drie ander verdagtes wat steeds in aanhouding is, sal aansluit. Hulle sal dan volgende maand vir ‘n formele bortogaansoek in die hof moet verskyn.