‘n Mosie dat die water- en rioolkrisis in die Vrystaat tot ‘n ramp verklaar word, is gister deur die Nasionale Raad van Provinsies, of NRP, aanvaar.

Netwerk24 berig voorts die DA se leier in die Vrystaat, doktor Roy Jankielsohn, het as ‘n spesiale verteenwoordiger uit die Vrystaatse wetgewer, die mosie ingedien.

In die mosie word onder meer gevra die raad moet kennis neem dat die meeste dorpe en gemeenskappe in die Vrystaat nie funksionerende rioleringstelsels het nie, en ook nie veilige water in hul krane het nie.

Die situasie lei tot menseregteskending en is ‘n provinsiale ramp wat dringende ingryping in terme van die rampbestuurswet vereis.

Die mosie is in sy totaliteit deur die NRP aanvaar, en moet nou deur die Vrystaatse provinsiale regering in werking gestel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×