Drie voetgangers, onder wie twee kinders, is oorlede toe ‘n motoris vyf mense op die pad tussen Magudu en Mgobodzi in Mpumalanga raakgery het.
News24 berig die slagoffers – ‘n middeljarige vrou en twee kinders – is op slag dood, terwyl twee ander ernstig beseer is.
Volgens die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling het die voetgangers omstreeks half twaalf op die pad gestap toe die ongeluk gebeur het.
LUR Jackie Macie het bevestig ‘n Toyota het vyf voetgangers raakgery.
Die twee beseerdes is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
Macie het motoriste versoek om versigtig te wees en veral in besige gebiede uit te kyk vir voetgangers.
Die bestuurder se lot is nog onbekend.