Eskom waarsku oor moontlike hervatting van kragonderbrekings op kort kennisgewing

President Cyril Ramaphosa sal van vandag af ‘n kabinet-lekgotla lei.

Dié vergadering van regeringsleiers volg op die ANC-Lekgotla wat die afgelope naweek plaasgevind het.

Die afkondiging van ‘n nasionale ramptoestand oor die energiekrisis, sal na verwagting hoog op die agenda wees.

Sommige ANC-leiers is van mening dat die afkondiging van ‘n ramptoestand al reeds in plek moes wees.

Intussen het die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, gister tydens ʼn mediakonferensie gewaarsku dat mense nie president Cyril Ramaphosa se verwagte kabinetskommeling vooruit moet loop nie.

Hy het gesê David Mabuza het nog nie amptelik as adjunkpresident bedank nie.

Die logiese stap sou wees dat die gekose adjunkpresident van die ANC, Paul Mashatile, as adjunkpresident van die land aangestel word.

Daar moet egter nog baie water in die see loop, soos byvoorbeeld dat Mashatile as lid van die parlement aangestel word.

Mashatile het homself wel bereid verklaar om in die regering te dien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×