‘n Nege meter lange walvis is Donderdag bevry wat in ‘n vissersnet verstrengel geraak het aan die kus van Gqeberha. Graig Lambinon, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse walvisontknopingsnetwerk, of SAWDN, het gesê ‘n boot het gisteroggend naby St Croix-eiland in Algoabaai gevaar om na walvisse te kyk toe hulle ‘n jong boggelrugwalvis gesien het wat in toue en vissersnet verstrengel was. Die eienaar van die boot het die Nasionale Seereddinginstituut, NSRI, ontbied om die walvis te help. Lambinon het gesê die walvis was moeg maar nog gesond. Terwyl die NSRI na die walvis gesoek het, het dit naby die hawe van Gqeberha in die rigting van Koega beweeg. Die walvis is opgespoor maar was teen daardie tyd moeg en lusteloos. Die NSRI het dryfbakens aan die walvis vasgemaak en die vissersnet begin sny. Die reddingspoging het langer as vier uur geduur maar die walvis het dadelik begin swem toe hy bevry is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×