‘n Negejarige seun van Bultfontein in die Vrystaat het verdrink, terwyl sy agtjarige maatjie teen gister nog in die waakeenheid van ‘n Welkomse hospitaal was.
Volksblad berig die twee seuns is laat Vrydagmiddag bewusteloos onder ‘n swembadseil aangetref.
Die agtjarige het sy bewussyn in die ambulans herwin, maar Stephan Truter het beswyk voordat hulle die hospitaal kon haal.