Die 19-jarige Helené Jansen van Rensburg, ‘n oudleerling van die Hoër Meisiekool Oranje in Bloemfontein, is Vrydag in Kaapstad skielik aan ‘n hartaanval oorlede. Die Volksblad berig sy het in haar matriekjaar ‘n pasaangeër gekry omdat sy met hartprobleme gesukkel het, maar was volgens haar onderwysers altyd lewenslustig en het uitgeblink in kultuuraktiwiteite. Min mense het glo eers geweet dat sy gesondheidsprobleme gehad het. Jansen van Rensburg het daarvan gedroom om eendag aktrise in Amerika te word en was ten tyde van haar dood ‘n student aan die Luitingh Alexander Musical Theatre Academy. Sy word deur haar ouers Japie en Thealene, en haar broer Nicholas oorleef.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×