‘n Nieu Seelandse rugbyspeler, Billy Guyton, wat verlede jaar in die ouderdom van 33-jaar oorlede is, het die land se eerste bevestigde geval geword wat gediagnoseer is met die progressiewe breinsiekte, chroniese traumatiese ensefalopatie, of CTE. Die siekte word deur herhaaldelike kopbeserings veroorsaak.

Guyton het in sy speeldae vir die Blues in Superrugby en die Maori All Blacks in die skrumskakel-posisie gespeel. Hy het in 2018 uitgetree nadat hy herhaaldelik harsingskudding opgedoen het. Sy familie het sy brein aan die Universiteit van Auckland se breinbank geskenk. Maurice Curtis, mededirekteur van die breinbank, het aan AFP gesê Fase 2-CTE is deur ‘n patoloog in Guyton se brein gevind.

CTE word veroorsaak deur herhaaldelike stampe teen die kop in kontaksporte. Die Nieu Seelandse   rugbyunie het in ‘n verklaring gesê stappe word geneem om die gevaar van hoofbeserings in wedstryde te verminder. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×