‘n Nitraatoksied-lekkasie is waarskynlik die oorsaak dat minstens 24 mense gister in Boksburg dood is. ‘n Gassilinder met dié oksied, het glo op een van die erwe in die Angelo-informele woongebied gelek.

Netwerk24 berig nitraatoksied word met mynboubedrywighede verbind.

Dit is nie bekend of enige van die oorledenes vermeende onwettige mynwerkers, of sogenaamde zama-zamas, was nie.

Nooddienstewerkers het teen laat gistraand steeds na slagoffers gesoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×