Soos Vrouemaand die einde nader, werk speurders en aanklaers, steeds voort om stewige vonnise vir Geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord-verwante misdade te veseker. ‘n Noord-kaapse moordenaar is lewenslange tronkstraf in die De-Aar-streekhof opgelê.
Dit volg nadat hy sy meisie met ‘n mes in die bors gesteek het en toe van die toneel gevlug het. Die polisie en mediese noodpersoneel is in kennis gestel, maar die slagoffer was op die toneel dood verklaar. Die verdagte is nog dieselfde dag opgespoor en in hegtenis geneem. Volgens die polisie se distrikbestuur het die noukeurige ondersoek en De Aar se streekhofaanklaer geregtigheid vir die slagoffer laat geskied.