‘n Noord Kaapse mynmaatskappy met Russiese oligarg bande is die grootste verklaarde geldskenker vir die ANC

Die Noord Kaapse Mynmaatskappy, United Manganese of Kalahari, is die grootste verklaarde geldskenker aan die ANC, met ‘n skenking van R5-miljoen.

Netwerk24 berig United Manganese of Kalahari, wat 51% swart besit is, het ook direksielede wat voorheen vir die regering gewerk het.

UMK wat in 2005 gestig is is een van die vier grootste mangaanprodusente in Suid Afrika.

News24 berig die mynmaatskappy word gedeeltelik deur die miljardêr Viktor Vekselberg besit, wat bande met pres. Vladimir Putin van Rusland het.

Die grootste individuele skenker is egter Mary Slack, die dogter van Harry Oppenheimer, wat R15-miljoen aan die DA geskenk het. 

Luister na potgooie hieronder