Die Departement van Vervoer het ‘n nasionale beleid vir parkeerskyfies vir bestuurders met gestremdhede om landwyd te gebruik in die staatskoerant gepubliseer. President Cyril Ramaphosa het dit gister tydens sy toespraak by die Vervoerberaad oor Universele Toeganklikheid in Gauteng aangekondig.
Hy het beklemtoon dat dié bestuurders die parkeerskyfie kan gebruik buite die provinsie waar hulle dit gekry het. Hy sê dit is ’n goeie stap om gestremde mense se bewegingsvryheid te help bevorder. Die president het ook die regering se pogings om universele ontwerp en toeganklikheid in die land te bevorder, uiteengesit.